Omtrent 40% van die mense het nog nie gehoor dat Jesus hulle lief het nie.

Joshua Project.net

SAAWE

Rampe en Verleenthede skep GELEENTHEDE!

Mosambiek op ons voorstoep 

Gaan ons terugploeg in hierdie land waar baie Suid Afrikaners vakansie gehou het? Die afgelope jare het verskillende gemeentes ook op korttermyn uitreikings Mosambiek toe gegaan. Nou het Mosambiek baie meer van ons nodig!

Wil jy saamwerk?

 

Photo (top): Widespread destruction caused by Cyclone Kenneth when it struck Ibo island north of Pemba city in Mozambique, Wednesday, May, 1, 2019.
(AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi)

Situasie

Binne ses weke het ‘n arm land met speelplek vir rykes hand-omkeer verander deur twee siklone, Idai en Kenneth. Honderde mense is dood en tiene van duisende is sonder heenkome gelaat. Skole, gesondheidsklinieke, paaie en brûe is vernietig en meer as twee miljoen mense is geraak.

Besighede, Individue, Nie-regeringssituasies, Kerke en plaaslike gemeentes wêreldwyd en ook van Suid-Afrika het inbeweeg om te gaan help.

 

Photo (top): Cyclone Idai: Drone photo IFRC

Geleenthede

Die afgelope twee weke is minstens 16,000 watersuiwering sakkies deur Global Relief in Mosambiek versprei, veral deur bydraes van gemeentes in KwaZulu Natal. Een sakkie suiwer 20 liter water. Belangrike kontakte is gemaak en Klankbybels is uitgedeel. Prof Jean Simonis van die Universiteit Zululand het saam met sy vrou Anita vir jare in die Beira omgewing gewoon en gewerk. In 2000 is Mosambiek geskud deur sikloon Eline wat massiewe vloede tot gevolg gehad het. Jean skryf: Ons betrokkenheid ná die sikloon het ons lewensrigting verander.  Na Idai Mosambiek in Maart vanjaar getref het, het Jean dadelik Beira gaan verken. Hy vertel: “Ek is weer Mosambiek toe na twintig jaar.”  

Die Here het op bonatuurlike maniere deure vir Jean oopgemaak. Hy het waardevolle verhoudings kon bou met leraars van die Mozambique Apostle Church en Church of God Mozambique wat saam meer as 750 kerke verteenwoordig. Jean kon sien hoe die plaaslike Kerk rolle van kosverpreiding oorneem.

Foto (links): Biskop Magule se 10-ton Kosaflewering  in Estaquina

Foto (bo): As Hidrologie Professor kon Jean help om waterputte oop te boor en die water te toets in die dorpies wat die ergste geraak is. Skoon water is op die oomblik van die hoogste prioriteite.

Foto (bo): Een van die watertoetsers wys dat die vloed baie hoër was as die hoogtemeter. Kyk na die modderstreep op die hut in die agtergrond!

Kort daarna slaan sikloon Kenneth verder Noord langs die kus toe. Jean en Anita is pas terug in RSA nadat hulle ‘n week van Disaster Management, Rampbestuur, by die Katolieke Universiteit (UCM) in Beira gaan doseer het. Daarna het hulle ook ‘n span van Igreja Reformada kerkleiers opgelei en leiers van Kerksondermure. Die doel van die kursus is om verteenwoordigers van die plaaslike Kerk wat ‘n hart en passie vir die werk het, op te lei en toe te rus om weer ander op te lei.

Foto (bo): Prof Monica Samaja, Dekaan van Gesondheid by UCM en Prof Jean Simonis

Foto (regs): Biskop Marcos Binda met van die Klankbybels

Ons nooi jou

Vat hande saam met Global Relief en maak ‘n verskil.

Skakel met ds Loffie Schoeman by +2782 875 8313, lofstel@discoverymail.co.za  of globalrelief@saawe.org.zaGemeentes soos Kerksondermure, Centurion, Hoogland NG in Kempton Park en baie ander het reeds in beweeg. 

Langer termyn werk is nodig om hierdie land op ons voorstoep te help met hul heropbou pogings.

Jean skryf: Hierdie is maar die begin… Organisasies soos Harvest Ministries, InContext en Global Relief vat hande saam met gemeentes en groepe in Mosambiek. 

Ons glo dat Global Relief met julle hulp saam met nog gemeentes en organisasies kan voortgaan met hierdie werk.